•10/03/2010 •
Lewer Kommentaar
Die grootste rede vir my laaaaaaaaaaaang afwesigheid is daai twee letters “fb” wat my so lank en intens weerhou het van ‘n geselsie met julle. Ja ek speel letterlik elke minuut van die dag allerlei plaas en kafee speletjies. Ek ontmoet egter soveel nuwe maaikies en dit maak dit soveel interessanter. Jammer oor die stilswye, maar dis hoe dit is. Wie “fb” saam my ?????? Wat is julle gevoel en uitspraak oor “fb”?????? Laat bietjie van julle hoor.
Liefde tot later.
EkKe
Posted in Uncategorized
•01/13/2010 •
1 Kommentaar
Dis vandag 13 Januarie en die nuwe skooljaar het begin met my oudste wat geskuif het na ‘n nuwe skool baie nader aan ons huis en my jongste wat ook ‘n belanrike skuif gemaak het na die “groot” skool toe. Dit was swaar om my oudste daar tussen die massas te los, maar ons is al darem in graad 4 en ek moes maar tuis die foto’s aflaai om my te herinner dat my krose groot word en ma en pa word……………(oud).

Ek moet se dat daai tas al baie swaar was vanoggend met die nodige boeke en skryfbehoeftes in.
So begin ons dus ‘n nuwe fase van die lewe en moet ons werk aan allerlei uitdagings wat die nuwe skool bied.
Laat weet maar hoe jou eerste skooldag was.
Groetnis
eKkE
Posted in Uncategorized
•12/29/2009 •
1 Kommentaar
Hello vriende en vriendisse……..dis my 1 ste verjaarsdag vandag en ek is opgewonde oor die jaar wat verby is en die jare wat nog voorle waarin ons lekker gan kuier en nog baie dinge gaan deel. DUS….wens Petro vir Boebelaberry ‘n baie gelukkige verjaarsdag toe.
Dankie vir my getroue vriendinne wat so klokslag inloer en al hulle liefde so mildelik met almal deel.
Tonne liefde………………….
Petro
Posted in Uncategorized
•12/08/2009 •
2 Kommentaar
Ek is nog hier, maar net ‘n klein bietjie afwesig op my blog. Ek belowe om binnekort vir jou te skryf en alles te vertel waarmee ek besig was.
Groete
Petro
Posted in Uncategorized
•10/02/2009 •
Lewer Kommentaar








Hierdie het by my uitgekom en ek wou dit met julle deel.
Lekker naweek.
Petro
Posted in Uncategorized
•09/25/2009 •
1 Kommentaar
Ons het erfenisdag besluit om ‘n besienswaardigheid nie baie ver van hier af nie te besoek en aangesien ons nou al ‘n geruime tydjie in Pretoria woonagtig is, het ons die kinders ‘n piekniek belowe in die Botaniese tuine. Gelaai met die nodige eet en drinkgoed is ons weg hier en daar aangeland, sien ons hoe baie mense die dag ‘n uitstappie soontoe beplan het.
Families met klein en groot “piekniek” rustig in die koeltes van die bome en gou-gou het ons hulle voorbeeld gevolg.
Dit was lekker en ‘n volgende uitstappie word reeds beplan.



Laasgenoemde foto is een van ‘n “WORSBOOM” ……………………..???
Groetnis
Ekke.
Posted in Uncategorized
•09/11/2009 •
7 Kommentaar
•09/03/2009 •
1 Kommentaar
Dit was Vrydag “scary Friday ” by die skool en ek wonder toe wat ek my seun gaan laat doen om die dag mee te maak. In die winkels in en gaan soek na iets wat hom “scary” gaan laat lyk. Om darem nou nie die hele skool op hol te jaag nie, het ek besluit op die bril wat tog vir my oulik was en Owen was mal oor die idee.![28082009121[1] 28082009121[1]](http://boebelaberry.files.wordpress.com/2009/09/280820091211.jpg?w=300&h=225)
Gewapen toe Vrydag met die skeel bril en al is ons toe weg skool toe. Wens net ek kon by wees toe hy die eerste keer die “uitrusting” te voorskyn bring en ek sou graag sy maatjies se reaksie wou sien.
Nou ja……my skool dae het nie soveel opwinding opgelewer nie….of hoe se ek????
Groetnis tot later.
Hier is ‘n pasella vir die dames.![21082009116[1] 21082009116[1]](http://boebelaberry.files.wordpress.com/2009/09/210820091161.jpg?w=225&h=300)
Posted in Uncategorized
Onlangse Kommentaar