Ons eerste nuwe skooldag.
Dis vandag 13 Januarie en die nuwe skooljaar het begin met my oudste wat geskuif het na ‘n nuwe skool baie nader aan ons huis en my jongste wat ook ‘n belanrike skuif gemaak het na die “groot” skool toe. Dit was swaar om my oudste daar tussen die massas te los, maar ons is al darem in graad 4 en ek moes maar tuis die foto’s aflaai om my te herinner dat my krose groot word en ma en pa word……………(oud).

Ek moet se dat daai tas al baie swaar was vanoggend met die nodige boeke en skryfbehoeftes in.
So begin ons dus ‘n nuwe fase van die lewe en moet ons werk aan allerlei uitdagings wat die nuwe skool bied.
Laat weet maar hoe jou eerste skooldag was.
Groetnis
eKkE

Ai maar lyk die man nie grand nie….\